Reservations - ATKV Buffelspoort

Rates from

R370

Opening Hours

What we offer

  • Akkommodasie
  • Restaurant
  • Sportkroeg
  • Skoonheisalon
  • Koue en warm binnenshuise en buiteswembaddens
  • Borrelbaddens
  • Waterwurm en wipmatte
  • Snoeker en potspel
  • Gholf en avontuur-minigholf
  • Ponie- en perderitte
  • Vlugbal, muurbal, tennis

About Us

Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort.

Met verskillende soorte selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken.

Ons kampeergeriewe is veral gewild. Benewens ons 4-bedtenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en 'n braai-area. Daar is uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite.

Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede – die volmaakte gesinsvakansie! Boonop bied die omgewing se rustigheid die regte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.

ATKV-Buffelspoort – ons oase in die Magaliesberge.

Konferensies:

Ons heet jou hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om erken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende aanloklikhede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en hulle pragtige liggings is inspirerend om van jou konferensie 'n professionele sukses te maak.

Egte gasvryheid in die hart van die Magalies

Buffelspoort bied ’n wye keuse van akkommodasie en geriewe, met inbegrip van ’n behoorlike toegeruste winkel en drankwinkel, gelisensieerde restaurant met 'n wegneemete-afdeling, sportkroeg en skoonheidsalon te midde van die pragtige natuurskoon. Jy sal nie maklik ’n beter geleë basis vind vir dagritte na en van enigeen van die talryke omringende toeristebesienswaardighede nie. Op die terrein is daar vyf ruim en goed toegeruste konferensielokale wat groepe van tot 500 persone kan huisves. Maaltye en akkommodasie vorm deel van ons besonder bekostigbare pakkette.

Fasiliteite by die oord:

’n Gelisensieerde restaurant met ’n afdeling vir wegneemetes, ’n sportkroeg, skoonheidsalon en goed toegeruste winkel en drankwinkel. Daar is ook ’n OTM op die perseel.

NEEM KENNIS

Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Loading