Reservations - ATKV Buffelspoort

Rates from

R370

Opening Hours

What we offer

  • Akkommodasie
  • Restaurant
  • Sportkroeg
  • Skoonheisalon
  • Koue en warm binnenshuise en buiteswembaddens
  • Borrelbaddens
  • Waterwurm en wipmatte
  • Snoeker en potspel
  • Gholf en avontuur-minigholf
  • Ponie- en perderitte
  • Vlugbal, muurbal, tennis

About Us

Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort.

Met verskillende soorte selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken.

Buffelspoort beskik oor ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie vir elke smaak. Omdat jy boonop per eenheid betaal en nie per persoon nie, bespaar jy baie.

Magalies-villas

Die nuutste toevoeging tot ATKV-Buffelspoort se huisvesting is die luukse en moderne Magalies-villas wat elk uit 3 slaapkamers vir ses persone, ’n oopplankombuis en woonvertrek, 2 badkamers en 'n patio met 'n ingeboude braai bestaan. Dié eenhede het ook lugverkoeling. 6-bed Magalies-villas (luuks)

Rondawels

Standaard of luuks met ’n badkamer, volledig toegeruste kombuis en 'n televisie met DStv.

2-bedrondawel (opgegradeer)

4-bedrondawel (nuut opgegradeer)

4-bedrondawel (enkelbed met stort)

4-bedrondawel (voorsambreel)

4-bedrondawel (semiluuks)

4-bedrondawel (standaard)

5-bedrondawel

8-bedrondawel

Tenthuise

Die tenthuise het 4 beddens en ’n badkamer, met of sonder kombuis. 'n Gemeenskaplike kombuis is beskikbaar vir die eenhede wat nie hul eie kombuis het nie. 4-bedtenthuis met badkamer en kombuis (opgegradeer)

Woonstelle

Die woonstelle het 4, 6 en 8 beddens met 'n badkamer(s), kombuis en TV.

4-bedwoonstel

6-bedwoonstel

8-bedwoonstel

8-bedwoonstel (3 slaapkamers)

Loading