Reservations - ATKV Drakensville
Rates from
Opening Hours
What we offer
- Verhitte swembad
- Swembad en plaspoel
- Waterglybaan
- Monsterskaak
- Potspel
- Avontuur-minigholf
- Perderitte
- Staproetes
- Voëlverkenning
- Speletjieskamer
- Diereplaas
About Us
Verruil die stadstoneel vir skouspelagtige natuurtonele by die Drakensberge!
Net ’n rapsie meer as drie ure se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en ’n halfuur van Durban af, lê ATKV-Drakensville naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n Wêrelderfenisgebied.
ATKV-Drakensville, ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese bakens en bied toegang tot talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing. Die oord het verskeie soorte akkommodasie, avontuuraktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel.
Drakensville is perfek vir jou sprokiestroue, 'n suksesvolle konferensie of ‘n spiekeries spanbouprogram!
ATKV-Drakensville is die Provinsiale Lilizela wenner in die drie-ster Karavaan en Kamperingafdeling.
ATKV-Drakensville bied verskillende soorte akkommodasie in die asemrowende Drakensberge. Alle eenhede word daagliks gediens, is gerieflik gemeubileer en ten volle toegerus met DStv.