Reservations - ATKV Hartenbos
Rates from
Opening Hours
What we offer
- Splinternuwe Waterpark
- Drie waterglybane
- Twee avontuurgholfbane
- Klimraam vir kinders
- Buite swembad
- Verhitte bad
- Chip n Dip kiosk
About Us
ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van George-lughawe.
Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende soorte akkommodasie waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskosafdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou hart begeer. Hartenbos is ook die ideale basis vanwaar mens jou vakansie verder kan inkleur met besoeke aan talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.
Met konferensiefasiliteite wat groepe van tot 1 000 persone kan huisves, is ATKV-Hartenbos die perfekte keuse vir ’n inspirerende konferensie.
ATKV-Hartenbos is 'n semifinalis van die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.
Die ATKV-Hartenbos-museum bied ’n terugblik op die Groot Trek. Die jongste toevoeging tot die museum is die Hartenbos-kamer wat die geskiedenis van die dorp uitbeeld.
Hartenbos se unieke staproete al langs die strand bestaan uit marmerblokke met uittreksels uit die gedigte van 16 digters uit verskillende tydperke wat die afgelope eeu se Afrikaanse digkuns verteenwoordig. Al die gedigte het die see as onderwerp.