Reservations - ATKV Klein-Kariba

Rates from

R490

Opening Hours

What we offer

  • Twee warm swembaddens en verhitte binnenshuise swembad
  • Koue buiteswembad en plaspoel
  • Waterwurm
  • 9 putjie-kortystergholfbaan asook minigholfbaan
  • Vlugbal en rugby
  • Perderitte
  • Wildbesigtiging
  • Staproetes, fietsry
  • Trap- en roeibootjies
  • Visvang
  • Potspel en elektroniese speletjies

About Us

Sowat negentig minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe.

Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid.

'n Verskeidenheid aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos 'n restaurant, kitskosafdeling en 'n goed toegeruste winkel verseker dat gaste nie een ongerieflike oomblik beleef nie. Boonop is Klein-Kariba geleë op die Bosveld-toeristeroete en die ideale basis vir verskillende dagtoere.

Met moderne fasiliteite vir groepe van tot 700 bied ATKV-Klein-Kariba se rustigheid en vreedsame stilte die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en konferensies.

Of kom maak jou droomtroue waar met 'n bostroue in ons eie klipkapel by 'n betowerende waterval.

ATKV-Klein-Kariba – ware gasvryheid by die juweel van die Bosveld!

Loading